On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

’Forgotten Highway’ se ryk geskiedenis herdenk

───   HEIDRÈ MALGAS 14:33 Fri, 14 Oct 2022

’Forgotten Highway’ se ryk geskiedenis herdenk | News Article
PHOTO: Facebook/The Forgotten Highway

Die nuwe "Forgotten Highway"-projek, waar Piet Coetzer met 'n perdekar van Tulbagh na Kuruman sal ry - sowat 640 km - gaan alles daaroor om die ryk erfenis van die Karoo te herdenk en te onthou waar dit alles ontstaan het.

Doreen Atkinson van die Karoo-ontwikkelingstigting, sê daar is soveel belangstelling in Suid-Afrika se ou kultuur, sowel as familiegeskiedenis van ons almal, en baie van die name en vanne van die mense op die roete kom nog oral in die land voor.

“Daar is baie mense in Suid-Afrika wat nie weet wie hulle voorvaders is nie, en hoe meer 'n mens hierdie inligting beskikbaar maak, hoe meer sal almal besef dat dit ons almal se roete is dié,” het Atkinson gesê.

Sy sê met hierdie uitstalling wil die Karoo-ontwikkelingstigting hê mense moet bewus raak van die interresantheid van die geskiedenis en van die toerismepotensiaal, en met die "Forgotten Highway" as ‘n geheel, is die doelwit om die hele land te laat besef watter belangrike geskiedenis daar is wat baie keer nie in skoolboeke ingesluit is nie en dit is juis belangrik omdat dit in ‘n tydperk was waar niemand kon baasspeel nie.

“Dit is die een roete waar Suid-Afrikaners mekaar as historiese gelykes kan ervaar, want dit is deel van soveel van ons geskiedenis,” vertel sy.


Sy vertel ook dat die munisipaliteite regoor die roete die ekspedisie baie onderseun.

Die doel van die roete is om geskiedkundige bewustheid van plaaslike mense langs die roete aan te wakker, sodat hulle besef hoe spesiaal hulle omgewing is.

Die fokus van die roete is verder om besienswaardighede, aktiwiteite en ervarings by te voeg. Dié dorpe het reeds uitstekende verblyfgeriewe. Plaaslike mense kan baie ander temas by die roete voeg, soos die Anglo-Boereoorlog, kuns, kunsvlyt en ekotoerisme. Die roete sal minstens agt Plaaslike Munisipaliteite insluit: Witzenberg (Tulbagh en Ceres), Karoo-Hoogland (Williston, Fraserburg en Sutherland), Kareeberg (Carnarvon), Siyathemba (Prieska), Siyancyuma (Griquatown), Tsantsabane (Postmasburg), Kgatelopele (Daniëlskuil) en Ga-Segonyana (Kuruman).

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.