Central SA
Veldtog geloods om handboeke te herwin─── 09:20 Sun, 16 Oct 2022
Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het 'n veldtog van stapel gestuur om handboeke te verhaal vir hergebruik.
Dit, sodat onderrig in die nuwe jaar vlot kan verloop.
Luidens die departement is daar 'n ernstige probleem met handboeke wat nie terugbesorg word wanneer leerders skole verlaat nie.
Die waarnemende Direkteur vir Leerder- en Onderwysmateriaal by die departement, Dillon Pienaar, sê daar word miljoene rande aan leermateriaal spandeer.
Hy voeg verder by dat daar onnodig druk op skole geplaas word waneer leerders nie handboeke terugbesorg nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
