On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Welstand van Noord-Kaapse kunstenaars, atlete aangespreek

───   HEIDRÈ MALGAS 10:46 Tue, 01 Nov 2022

Welstand van Noord-Kaapse kunstenaars, atlete aangespreek | News Article
Silapha's outreach in the Free State in November 2021. PHOTO: Facebook

Kunstenaars en atlete gebaseer in die Noord-Kaap sal die geleentheid kry om professionele mense en sterre in die bedryf te ontmoet en meer oor dié mense se reis as opkomende sterre te leer.

Hierdie geleentheid se kerndoel is om bewustheid van die SILAPHA-welstandsprogram te skep en om kunstenaars en atlete in die Noord-Kaap aan te moedig om van beskikbare hulpbronne gebruik te maak.

Met die tema, "Besit jou talent deur en deur/Own your talent through and through", het hierdie program ten doel om kwessies aan te spreek wat Suid-Afrikaanse sportatlete en kunstenaars raak, met die primêre fokus op kwessies wat verband hou met geestesgesondheid, dwelmmisbruik, finansiële bestuur en regsaangeleenthede.

Die Minister van Sport en Kultuur, Nathi Mthethwa, sal die program amptelik in die Noord-Kaap bekendstel. Genooide opkomende en gevestigde kunstenaars en atlete van die provinsie sal dit bywoon.


(Die datum is intussen verander na Donderdag 3 November 2022.)

Die Paralimpiese atleet in kragoptel, Ricardo Fitzpatrick, wat een van die sprekers sal wees, sê die welstandsprogram spruit uit kunstenaars of atlete wat finansiële druk ervaar, of met geestelike of fisiese probleme worstel.

“Baie mense, veral kunstenaars, het selfmoord gepleeg as gevolg van die Covid-19 pandemie en ander druk. Daar is groot kunstenaars, soos onder andere Riky Rick, wat ook geestelike probleme ervaar het. So hierdie dag gaan daaroor om sportsterre en kunstenaars daarvan bewus te maak dat daar mense is met wie hulle kan praat,” sê Fitzpatrick.

Hy sê dat hy oorspronklik liggaamsbou wou doen, maar aangeraai is om eerder kragoptel te doen. Hy het 'n aantal titels, nasionaal en internasionaal, ingepalm.

Gebore en getoë in die Noord-Kaap, sê hy dat die provinsie 'n diep geskiedenis van sport en kuns het en hy glo sport vorm kinders wat op skool met leergestremdheid sukkel en dat sport jou nie net fisies stimuleer nie, maar ook geestelik.

Ricardo, saam met mede-sportman, Doktor Khumalo, en akteurs Dawn Thandeka King en Thato Molamu, sal by die minister aansluit in 'n paneelbespreking waar hulle hul persoonlike reise sal deel, asook van die uitdagings wat hulle in hul onderskeie loopbane in die gesig gestaar het.

Die geleentheid vind Donderdag 3 November 2022 om 08:00-17:00 by die Noord-Kaapse Teater in Kimberley plaas.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.