On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Publiek se hulp gevra om 5-jarige op te spoor

───   HEIDRÈ MALGAS 09:00 Sun, 06 Nov 2022

Publiek se hulp gevra om 5-jarige op te spoor | News Article

Die publiek se hulp word gevra om die 5-jarige Sharné Basson, ook bekend as Meisie, van Alheit in Kakamas op te spoor.

Sharné was glo op pad na ’n winkel, bekend as die White Shop, in Alheit.

Die versoek is deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kakamas uitgestuur.

Volgens ‘n verklaring deur die polisie was Meisie omstreeks 18:00 op Vrydag, 4 November 2022 saam met ander kinders.

Die inligting wat die polisie ontvang het, dui daarop aan dat sy nie huis toe gegaan het nadat sy alleen buite die winkel gesien is nie. 

'n Klag van 'n vermiste kind is Saterdagoggend, 5 November 2022 deur die Kakamas-polisie ontvang.

Die publiek word daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om 'n persoon as vermis aan te meld nie.

Enige persoon wat dalk inligting het, kan Kaptein Vrede Myburgh by 060 984 3529 of Kakamas-polisie by 054 431 6800 kontak. Wenke kan ook ingedien word deur Crime Stop te skakel by 08600 10111 of deur die My SAPS-toepassing te gebruik.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.