On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Upington-leerders geskors weens beweerde bende-aktiwiteite

───   10:49 Mon, 07 Nov 2022

Upington-leerders geskors weens beweerde bende-aktiwiteite  | News Article

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap sê 15 leerders van die Hoërskool Pabalelo in Upington sal voor 'n dissiplinêre komitee verskyn nadat hulle vroeër geskors is weens beweerde betrokkenheid by 'n bendeverwante voorval.

Hierdie voorval het veroorsaak dat die skool Vrydag vroeg moes sluit. Lede van die gemeenskap het by die skool opgeruk en klasse ontwrig. 

Die Noord-Kaapse Onderwyswoordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê geen eksamens is daardeur geraak nie. Hy het enige vorm van geweld by skole ten sterkste veroordeel. Hy voeg by die departement veroordeel ook bendeverwante voorvalle, veral omdat dit leerders en onderwysers se lewens in gevaar plaas. 

Die 15 leerders sal more voor die komitee verskyn.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.