On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Geskorste leerders se verhoor uitgestel

───   05:49 Thu, 10 Nov 2022

Geskorste leerders se verhoor uitgestel | News Article
Hoërskool Paballelo in Upington.

Geskorste leerders van Hoërskool Paballelo in Upington se verhoor is uitgestel na Woensdag, 16 November 2022.

Dit, volgens die woordvoerder vir die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap, Geoffrey van der Merwe.

Die 34 leerders is ‘n week gelede geskors nadat geweld die skool genoop het om vroeg te verdaag.

Van der Merwe sê die departement het besluit dat die leerders by afsonderlike plekke, ver van die skool, hul eksamen kan aflê.

Hy voeg by die department is van mening dat skole plekke van veiligheid moet wees, en dat bendeverwante voorvalle ten sterkste veroordeel moet word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.