On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Passasiersbus se enjin ontplof

───   06:22 Sun, 13 Nov 2022

Passasiersbus se enjin ontplof | News Article

Dit het gister aan die lig gekom dat die enjin van ’n passasiersbus blykbaar die afgelope week in Vereeniging ontplof het.

News24 het Saterdag berig die Greyhound-bus was met 25 passasiers van Johannesburg na Durban onderweg.

’n Passasier vertel kort nadat hulle nog reisigers in Vereeniging opgelaai het, het hulle ’n harde slag gehoor.

Die bestuurder het geskree dat almal die bus moes ontruim. 

Hy het glo sy lewe gewaag om hul bagasie te red nadat ’n brand by die bus se enjin ontstaan het.

Nooddienste het ’n ruk later die vlamme kom blus.

OFM-nuus/Morné van Rooyen

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.