On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Antjie Krog se 13de digbundel in Bloemfontein bekend gestel

───   HEIDRÈ MALGAS 17:09 Tue, 15 Nov 2022

Antjie Krog se 13de digbundel in Bloemfontein bekend gestel | News Article
Antjie Krog.

Antjie Krog se 13de digbundel, “Plunder”, word Donderdag, 24 November 2022 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein bekend gestel.

Wyno Simes, kurator van NALN, sê die bekendstelling word in die ouditorium van NALN gehou. Dit is Antjie Krog se 13de digbundel en volgens ‘n resensent bou sy voort op tema’s in haar oeuvre.

“Daar is ‘n bepaalde intensiteit, sy skryf oor verskeie dinge, verhoudings met die geliefde en familie, ouderdom, die mens en die omgewing, ook oor die studentebetogings van ‘n paar jaar terug en oor Covid-19,” sê Simes.

Hy sê Krog gaan ook voorlees uit die digbundel Vetplantfeetjies, wat ‘n opvolg is op Fynbosfeetjies.

Hy voeg by dat daar baie belangstelling in die geleentheid is en mense kan laat weet dat hulle dit gaan bywoon  deur 'n epos aan events@exclusivebooks.co.za te stuur. 

Dit begin om 17:30 vir 18:00.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.