On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus wil Charlize Theron graag reghelp

───   14:45 Thu, 17 Nov 2022

 VF Plus wil Charlize Theron graag reghelp | News Article
PHOTO: Facebook

Die Hollywood-aktrise Charlize Theron loop deur onder kritiek nadat sy in 'n potgooi gesê het haar moedertaal Afrikaans is 'n sterwende taal met slegs sowat 44 mense wat dit nog praat.

Die Suid-Afrikaanse aktrise het in 'n Afrikaanse huis in Benoni grootgeword, maar het in 'n nuwe episode van die SmartLess-potgooi, met die gashere Sean Hayes, Jason Bateman, en Will Arnett, gesê dit is nie 'n baie nuttige taal nie.


Twitter het kort daarna gegons met een gebruiker wat Theron se opmerkings as oneerbiedig afmaak teenoor miljoene Suid-Afrikaners van alle ouderdomme en rasse wat Afrikaans as hul eerste taal praat.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) se voorsitter, Anton Alberts, sê Afrikaanssprekendes is die derde grootste groep in die land.

Die VF Plus sê in 'n mediaverklaring hulle is, soos ander Suid-Afrikaners, trots op dit wat Charlize Theron as internasionale aktrise vermag het.

Haar jongste uitsprake oor haar moedertaal Afrikaans, maak dit egter duidelik dat sy nie op hoogte is met wat in haar geboorteland aangaan nie en die VF Plus sal haar daarom graag wil reghelp.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se 2019-Algemene Huishoudelike Peiling, is Afrikaans die derde gewildste taal in Suid-Afrika.

Die statistiek word gegrond op die tale wat die meeste binne en buite die huis gepraat word, insluitende skole en die werkomgewing.

•           Nommer 1: 25,3% mense praat Zoeloe tuis.

•           Nommer 2: 14, 8% mense praat Xhosa tuis.

•           Nommer 3: 12,2% praat Afrikaans tuis.

Engels neem met 8,1% 'n beskeie sesde plek in as huistaal.

"Nie alle tale is wêreldtale nie. Dit maak dit nie minder geliefd onder die mense wat dit praat nie. Dit is die harde realiteit en dit is hoe dit hoort," sê Alberts. "Charlize kan eerder oorweeg om in Suid-Afrika in 'n rolprent in haar eie taal te kom speel synde rolprente met byskrifte in Engels se gewildheid toeneem en dit ook begin om mee te ding om Oscars."

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.