On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas na juwelierswinkel rooftog

───   09:25 Mon, 21 Nov 2022

Twee vas na juwelierswinkel rooftog | News Article

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op juweliersware ter waarde van R400 000.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Olebogeng Tawana, sê die mans het Sondag ‘n juwelierswinkel in Kimberley beroof en op die vlug geslaan, maar is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Die mans, onderskeidelik 24 en 35 jaar oud, sal in die hof in Bloemfontein verskyn nadat hulle verbind is met verskeie misdade wat gewapende roof in die Vrystaat sowel as die Noord-Kaap insluit.

Daarna sal hulle in die Landros-hof in Kimberley verskyn op aanklag van roof.

Niemand is in die jongste voorval beseer nie.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.