On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse munisipaliteit gerat vir oorstromings

───   09:29 Mon, 21 Nov 2022

Noord-Kaapse munisipaliteit gerat vir oorstromings | News Article
Die laagwater brug by George eiland is heeltemal oorstroom/FOTO: Sera Gewers

Die ZF Mgkawu-streeksmunisipaliteit is op is 'n gereedheidsgrondslag vir watermassas wat stroomop vloei uit o.m. die Vanderkloof- en Gariepdamme.

Munisipale woordvoerder Martha Manyehe sê die stygende Oranje rivier wek reeds kommer in laagliggende gebiede in Keimoes in die Kai Garib munisipale regsgebied, wat fyn dopgehou word.

Daar is reeds begin om bewusmaking te skep oor die gevare - en gebeurlikheidsplanne vir die ontruiming van inwoners is in plek.

Volgens Manyehe is rampbestuurspanne gereed om hulp te verleen indien nodig.

Sy maan inwoners om nie laagwaterbrûe - waarvan daar tientalle in die Kai Garib streek is - te probeer oorsteek nie.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.