On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Waarskuwing: Moenie die Oranjerivier oorsteek nie

───   11:13 Wed, 23 Nov 2022

Waarskuwing: Moenie die Oranjerivier oorsteek nie | News Article
FOTO: Genevieve Maasdorp/SANparke

Tegniese spanne van die Kakamas-gebaseerde Kai !Garib-munisipaliteit in die Noord-Kaap maan eiland-bewoners om nie die sterkte van die Oranjerivier se vloei te onderskat nie.

Talle laagwaterbrûe is reeds oorstroom en het Keimoes van omliggende gebiede afgesny.

Die munisipaliteit sê hulle is bewus van mense wat deur die water na Keimoes swem vir noodsaaklikhede soos kos en vars water.

Die span werk sedert Maandag daaraan om vars drinkwater vir inwoners te verseker, en versoek dat inwoners ondanks die huidige omstandighede liefs nie die rivier moet trotseer nie.

Burgemeester Marshall Matthys het 'n beroep op inwoners gedoen om die beginsel van Ubuntu toe te pas en mekaar in hierdie moeilike tyd te help.

Intussen het SANparke dele van die voetpaadjies by die Augrabiese watervalle gesluit as 'n voorsorgmaatreël om besoekers se veiligheid te verseker.

SANparke se Genevieve Maasdorp sê die besluit is geneem weens die hoë volumes water wat tans oorstromings veroorsaak.

Maasdorp sê besoekers kan steeds die waterskouspel vanuit sekere areas binne die park besigtig.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.