Central SA
Mej. Rolstoel Suid-Afrika pleit vir bedagsaamheid─── 08:15 Thu, 24 Nov 2022
Mej. Rolstoel Suid-Afrika, Tamelyn Bock, sê mense met gestremdhede het regte wat gerespekteer moet word.
Bock, van die Namakwa-streek in die Noord-Kaap, is gebore met spinale spieratrofie, 'n genetiese toestand wat die senuweestelsel aantas en spierswakheid veroorsaak.
Sy fokus daarop om die samelewing se negatiewe opvattings oor gestremde vroue te verander, en om stereotipes en hindernisse af te breek.
Bock meen die samelewing kan meer bedagsaam wees en meer ondersteuning bied aan mense met gestremdhede.
Haar wens is dat vervoer en werksomgewings meer toeganklik vir sulke persone sal wees, en dat permanente werksgeleenthede vir hulle geskep kan word.
Sedert haar terugkeer van Mexiko, waar sy aan die internasionale Mej. Rolstoel-kompetisie deelgeneem het, is Bock permanent as inklusiwiteitspesialis by 'n maatskappy aangestel.
OFM-nuus/Roderick TItus
