Central SA
Jeugdiges woon Noord-Kaapse landbouberaad by─── 09:30 Mon, 28 Nov 2022
Nagenoeg 500 jeugdiges regoor die Noord-Kaap neem deel aan 'n beraad waar die fokus op die vooruitgang van jeug-betrokkenheid in landbou is.
Die Noord-Kaapse Landbou LUR, Mase Manopole, het aangevoer dat die jeug hulself as leiers moet posisioneer in 'n wêreld waar tegnologie so 'n belangrike rol speel, veral met sonkragprojekte, asook windkrag, wat mense kan inspan om landbou te vergemaklik.
Sowat 120 van die 500 jeugdiges is vroue, en 289 is mans wat aktief in die provinsie betrokke is by boerderye - waarvan 6% deur die departement befonds word.
Manopole sê klimaatsverandering moet ook ernstig opgeneem word aangesien dit ‘n werklikheid is wat - indien dit nie reg bestuur word nie - nadelige gevolge kan inhou vir veral landbou.
Die LUR het inwoners gevra om jongmense, veral diegene in boerdery, te ondersteun en seker te maak dat hulle volwaardige bydraers tot die kosmandjie van die land word.
OFM-nuus/Roderick Titus
