On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Jong man dood ná aanranding in kroeg

───   HEIDRÈ MALGAS 15:16 Mon, 28 Nov 2022

Jong man dood ná aanranding in kroeg | News Article
Wayne van Zyl

Die polisie in Klerksdorp in die Noordwes ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n 23-jarige man, Wayne van Zyl, na bewering aangerand is by ‘n kuierplek in Klerksdorp en daarna dood is.

Polisiewoordvoerder Aafje Botma sê hulle kan die voorval bevestig, maar kan in hierdie stadium nie veel inligting gee omdat dit die ondersoek sal belemmer. Die ondersoekbeampte is nog besig om al die getuies se verklarings af te neem en deur al die opnames te gaan.

“In hierdie stadium is die polisie nog besig om al die verklarings te kry van verskillende mense wat op die toneel was. Dit sal dan voorgelê word aan die staatsaanklaer vir ‘n beslissing,” vertel Botma.

Sy sê ook dat daar wel ‘n verdagte geïdentifiseer is. Die lykskouing sal môre gedoen word om te bepaal wat die oorsaak van Van Zyl se dood was.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.