Central SA
Voormalige OFM-aanbieder nou op 50/50─── HEIDRÈ MALGAS 15:43 Mon, 28 Nov 2022
’n Voormalige OFM-aanbieder, Fran-Rico Lucas, maak vanaand om 19:00 sy debuut as ’n amptelike aanbieder op die gewilde televisieprogram 50/50.
Lucas vertel dat hy altyd ‘n seremoniemeester op natuurfeeste was waar daar bome aangeplant is en waar hulle iets agtergelaat het wat nié rommel was nie.
“Om op 50/50 te wees is vir my ‘n ongelooflike geleentheid want dit is só opwindend, en om meestal oral in die land te reis en om ook omgewingsvriendelike aktiwiteite te doen waar ons nie die aarde of die natuur benadeel nie, maar help om die aarde skoon te hou en mense bewus te maak van diere, en rommel, maar ons het ‘n avontuur,” sê hy.

Hy sê ook dat televisie ‘n wonderlike platform is wat baie deure oopmaak - nie net vir hom nie maar ook die mense wat hom ken en dan net om iemand te wees wat die verskil wil maak van wat hy in die wêreld wil sien, en ook om mense se aandag te kry.
“Ek wil dan ook vir mense wys dat dit nie saak maak hoe lank dit vat nie of wat jy deurgaan nie, jy kan altyd jou doelwit bereik solank jy net in jouself glo,” sê Lucas.
Hy vertel dat hy homself op meer programme sien in die toekoms, ‘n speletjiesprogram miskien, al is dit musiek want ek hou baie van musiek, of ‘n natuurprogram, amper iets soos Survivor.
“My grootste prestasie tot dusver is ‘n paar dinge, my dogertjie Lyra en my verloofde, en om ‘n familie te hê, en dan ook nou om op TV te wees, dis vir my ‘n ongelooflike prestasie,” vertel hy.
Hy sê op skool het hy altyd gepraat van op televisie wees en uiteindelik het dit ‘n realiteit geword want aanhouer wen altyd. Enige mens wat só ‘n kans of geleentheid wil hê, moet net aanhou probeer, dan sal jy dit maak.
Lucas maak sy eerste verskyning op 50/50 op SABC 2 vanaand om 19:00.
