On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Meer inhegtenisnames dié feesseisoen beoog

───   HEIDRÈ MALGAS 11:06 Thu, 01 Dec 2022

Meer inhegtenisnames dié feesseisoen beoog | News Article

Altesaam 256 mense is in minder as 'n week in die Vrystaat in hegtenis geneem ná die bekendstelling van die Feesseisoen-operasies in Koffiefontein.

Volgens polisiewoordvoerder, Loraine Earle, het polisiestewels die grond geslaan, wat tot baie suksesse gelei het.

Earle het bygevoeg dat die Provinsiale Kommissaris van die Polisie in die Vrystaat, luitenant-generaal BB Motswenyane, die gemeenskap belowe het dat die polisie tavernes sal besoek, wat 'n kopseer vir baie gemeenskappe is.

Verder het polisiebeamptes tussen 21 November en 27 November 2022, altesaam 912 drankwinkels besoek om die nakoming van regulasies by tavernes en ander drinkplekke te bepaal. Twee ondernemings is beboet en daar is beslag gelê op 668 liter alkohol.

Gedurende die genoemde tydperk, is 256 mense in hegtenis geneem weens verskeie soorte misdaad, insluitend kontak- en eiendomsmisdaad, asook misdaad waargeneem ná polisie-optrede. Altesaam 48 onwettige immigrante is in hegtenis geneem.

“Dwelmsmouse het [hulle vasgeloop teen die gereg] 38 vermeende handelaars regoor die provinsie in hegtenis geneem is. Die polisie het toegeslaan op dwelmsmouse by Jacobsdal, Phuthdaditjhaba, Navalsig, Harrismith, Bethlehem, Welkom en Tseki. Daar is beslag gelê op dwelms soos Nyaope, Mandrax, Dagga en CAT,” het sy gesê.

Earle het bygevoeg dat sewe individue in verband met gewapende rooftogte in Ladybrand en Jacobsdal aangehou is. 'n Verdagte en sy metgesel is saam weens 'n ongemagtigde vuurwapen in Dewetsdorp aangehou.

Tydens hierdie verskerpte operasies het lede ook op 31 gevaarlike wapens beslag gelê.

"Dit is duidelik dat die polisie in die Vrystaat dag en nag werk om te verseker dat mense 'n veiliger feestyd geniet. Ek wil graag polisiebeamptes bedank vir hul toewyding om oortreders voor die gereg te bring," het lt.genl. Motswenyane gesê.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.