Central SA
DBV skitter van feestelike vrolikheid─── 15:30 Thu, 01 Dec 2022

‘n Toevlugsoord vir diere is omskep in ‘n verligte Kersfees-wonderland – een waaroor volwassenes én kinders hierdie tyd van die jaar droom.
Bloemfontein Courant berig kersklokke, oop harte en die mees geliefde Kersfees-elfies sal alles deel wees van vanjaar se Kersliggies wat by die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) aangebied word.
Ná ‘n jaar wat die DBV tot talle diere in die stad se redding gekom het terwyl hulle op die voorste linie vir dierewelsyn geveg het, bied die vereniging vanjaar hul 6de jaarlikse Kersliggies-uitstalling van 2-23 Desember 2022 aan.
Die DBV het oor die jare gewildheid verwerf vir sy Kersliggies wat Bloemfontein hierdie tyd van die jaar ophelder wanneer die vereniging sy dank uitspreek teenoor die mense van die stad vir hul volgehoue ondersteuning. “Dit is suiwer vir fondsinsamelingsdoeleindes en dit is ons manier om terug te gee aan die publiek en dankie te sê vir die ondersteuning gedurende die jaar,” het die trotse Senior Inspekteur, Reinet Meyer, gesê.
Voorbereidings vir hierdie Kersfeeswonderland het al in Januarie begin. Kunstenaars is vooraf bespreek en nuwe kersliggie-ontwerpe is aangepak sodat die vertoning nie elke jaar dieselfde lyk nie. By navraag oor die jaar het Meyer besin oor hoe geseënd dit was.
“Ons het ‘n jaar oorleef en ons glo ons sal die gemeenskap en hul diere weer volgende jaar kan dien,” het sy gesê.
Vanjaar se vermaak bied optredes deur bekende kunstenaars soos Ricus Nel, Juanita du Plessis, Barbara Ray & Billy Forrest, en Nádine.
Bloemfontein Courant/Gypseenia Lion