On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Pret-aktiwiteite vir kinders om meer leer

───   HEIDRÈ MALGAS 11:06 Mon, 05 Dec 2022

Pret-aktiwiteite vir kinders om meer leer | News Article
Die African Carousel by Oliewenhuis. FOTO: OFM-nuus/Heidrè Malgas

Die perfekte tydverdryf vir kinders hierdie komende feesseisoen en skoolvakansie is beslis 'n aktiwiteit wat hulle 'n nuwe vaardigheid leer.

Die 'Kiddies Holiday Workshop' wat hierdie week by Oliewenhuis Kunsmuseum plaasvind, doen presies dit.

Die kinders kan lekker aktiwiteite met verskillende style en mediums geniet, terwyl hulle iets pragtig skep.

Volgens die kurator van Oliewenhuis, Ester le Roux, sal elke dag 'n aktiwiteit, speeltyd, en 'n gratis African Carousel-rit insluit.

“Dis belangrik vir kinders om hulself te geniet omdat dit vakansie is. Die werkswinkel se doel is om bietjie rond te speel met voorwerpe en om iets te maak,” sê le Roux.

Sy voeg by dat dit werklik belangrik is dat hulle dit geniet en kreatief kan wees sonder die druk van skool.

Die aktiwiteite wissel van kinders wat hul eie marionet maak met herwinde materiaal tot die ontwerp en maak van 'n kreatiewe sambreel-opspringboek.

Die aktiwiteite sal Woensdag en Donderdag herhaal. Vir meer inligting kan Oliewenhuis geskakel word.

Diegene wat nie geregistreer het nie, kan steeds die kuns by Oliewenhuis vir die res van die jaar besigtig.

Die werkswinkels word elke jaar tydens die Junie- en Desember skoolvakansies aangebied.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.