Central SA
Noord-Kaap polisie lê beslag op karkasse, dwelms─── 05:57 Tue, 06 Dec 2022
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap het verskeie verdagtes regoor die provinsie tydens Operasie Vala Konke in hegtenis geneem en op dwelms en vermoedelik gesteelde bokkarkasse beslag gelê.
Luitenant-kolonel Sergio Kock van die SAPD sê vier mans is in Upington by Paballelo in hegtenis geneem en beslag is gelê op dagga met ? geraamde straatwaarde van R26 000.
By Hopetown is 295 Mandrax-tablette met ? straatwaarde van R22 000 op beslag gelê en ? 22-jarige man in hegtenis geneem.
Kock sê ? man is by Kuruman in hegtenis geneem nadat tik en dagga met ? geraamde straatwaarde van R21 751 rand in sy besit gekry is.
By Postmasburg en Daniëlskuil is vyf verdagtes in hegtenis geneem vir dwelms met ? straatwaarde van R12 000 en R2500 onderskeidelik.
Die veediefstaleenheid van die SAPD in Kuruman het ? verdagte in hegtenis geneem nadat ses bokkarkasse in sy besit gekry is wat vermoedelik gesteel is. Hy is ook met 13 bokkoppe betrap nadat 22 bokke as gesteel aangemeld is.

Kock sê die SAPD sal voortgaan om die strate van misdadige elemente skoon te hou. Meer polisiebeamptes sal ook in die stryd teen misdaad ontplooi word.
OFM-nuus/Roderick Titus
