Central SA
Hartswater-moordsaak duur voort─── HEIDRÈ MALGAS 11:46 Thu, 15 Dec 2022

Die Hartswater-moordverhoor van die bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand, en hul dogter, Elzabie, wat in 2020 op 'n kleinhoewe in die Magogong-omgewing naby Hartswater in die Noord-Kaap vermoor is, is Maandag hervat.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se streekswoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, het een van die beskuldigdes, beskuldigde nommer 4, getuig oor wat op die dag van die moorde gebeur het. Hy het gesê dat hy die wegkom-motor bestuur het.
LEES OOK: Hartswater-moordsaak een verdagte draai staatsgetuie
OFM-nuus het vroeër berig dat Senokoatsane gesê het beskuldige vier, Kgomotso Mpumlwane (45), tydens die beskuldigdes se hofverskynings om borgtog in die Hartswater-distrikshof tot die saak toegevoeg is. Borgtog is suksesvol teengestaan.
Die vier ander beskuldigdes het hul borgtogaansoeke laat vaar.
LEES OOK: Brand-gesin se moordverdagtes terug in hof
Verder het Senokoatsane gesê dat die staat die broer van beskuldigde nommer 4, wat ook die oom van beskuldigde nommer 1 is, na die getuiebank geroep het.
Die saak word voor waarnemende regter Cordelia Kgopa aangehoor.