On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie waarsku huiswerkers teen kamma-munisipale werkers

───   16:53 Thu, 22 Dec 2022

Polisie waarsku huiswerkers teen kamma-munisipale werkers | News Article

Die polisie waarsku huiswerkers om niemand te vertrou wat beweer dat hulle deur hul werkgewer gestuur is, nadat drie mans, wat voorgegee het hulle is munisipale werkers, toegang tot ‘n huis in Naudeville, Welkom gekry het.

Die voorval het op Woensdag, 21 Desember 2022 gebeur.

Volgens die provinsiale woorvoerder van die polisie, Stephen Thakeng, was ‘n 51-jarige huishulp besig met haar werk toe sy ‘n klop aan die hek gehoor het.

Drie mans geklee in blou jeans, blou oorpakbaadjies en groen glimbaadjies, het vir haar gesê hulle is van die Matjabeng-munisipaliteit en is gestuur om die watermeterlesing na te gaan. Hulle het beweer haar werkgewer het dit versoek.

Sy het aanvanklik geweier om hulle in te laat, maar nadat hulle daarop aangedring het, het sy die hek vir hulle oopgemaak.

Sy is oorval en die huis binnegedwing, waarna haar kop met 'n kombers bedek is. Sy is vasgebind terwyl sy op die vloer gelê het.

Sy kon daarin geslaag om haarself los te wikkel en het haar werkgewer in kennis gestel. Twee polshorlosies, Gucci-parfuum, Versace-parfuum en 'n afstandbeheerder is gesteel.

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

Enigiemand met inligting wat kan help om die verdagtes op te spoor, word versoek om kaptein Yolanda Hulme by 082 493 1204 te skakel, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.