On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaters pak Dakar-tydren aan

───   HEIDRÈ MALGAS 10:04 Fri, 23 Dec 2022

Vrystaters pak Dakar-tydren aan | News Article
Die twee jaers Eben Basson en Leander Pienaar aan die beplan. FOTO: Facebook

Twee Vrystaters is gereed om aan die gewilde Dakar-tydren deel te neem wat 'n veldtydren-uithoubyeenkoms is.

Leander Pienaar van Bloemfontein, wat die wedren in 'n Toyota Hilux Dakar gaan aandurf, sê dat hy met motorsport grootgeword het en in 2001 aan sy eerste wedren in 'n 4-wieler deelgeneem het. Hy is al sowat 14 jaar in die renbedryf.


“Die Dakar was ‘n droom nog voordat ek begin resies ry het en daardie ouens is my ‘heroes’,” het hy gesê.

Pienaar vertel dat hy en sy resies-maat Eben Basson vir Team Hilux drie weke terug besluit het om die Dakar te doen. Hulle het 3 maande se voorbereiding in 3 weke gedoen.

Charan Moore, van Ladybrand in die Vrystaat, sal ook op 'n motorfiets deelneem en sal 8 000 km deur Saoedi-Arabië jaag.


“Dakar het vir my posgevat toe ek 'n kind was, dit was iets wat ons op TV gekyk het - dit was iets wat ek nog altyd wou doen, maar was altyd iets wat buite bereik was,” het Moore gesê.

Moore het bygevoeg dat Dakar met sy hoë spoed supergevaarlik is. "Wat by Dakar kan gebeur, is iets waaroor jy senuweeagtig sal wees - as jy probeer om op jou volle limiet te jaag, sal daar altyd 'n risiko van ernstige beserings wees. Dit is een element wat elke renjaer senuweeagtig oor kan wees."

Die Dakar-tydren sal van 31 Desember 2022 tot 15 Januarie 2023 in Saoedi-Arabië plaasvind.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.