Central SA
Skooluniforms duurder weens inflasie - Fedsas─── 10:23 Fri, 06 Jan 2023
Die Federasie van Skoolbeheerliggame van Suid-Afrika (Fedsas) sê inflasie is waarskynlik die rede vir die onlangse styging in die prys van skooldrag.
Die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, Juané van der Merwe, sê skoolbeheerliggame moet die pryse wat hulle vir skooldrag stel, kan regverdig.
Sy voeg by dit is nie veronderstel om druk op ouers uit te oefen of die geleentheid vir gehalte-onderrig vir leerders te ontneem nie.
Fedsas erken dat inflasie wel 'n uitwerking op verbruikerspryse het, maar dat skole deur wetgewing verplig word om die besluite wat hulle neem rondom skooldrag te regverdig.
Van der Merwe benadruk dat dit belangrik is vir skoolbeheerligame om van hulle bedingingsmag gebruik te maak en nie net die eerste verskaffer aan te stel nie.
Oor plattelandse skole sê sy Fedsas neem kennis van die beperking in terme van verskaffers, en moedig skole aan om ‘n generiese uitrusting te oorweeg, in ‘n poging om uniforms so maklik en toeganklik moontlik te maak vir ouers en leerders.
