Central SA
Man dood nadat sy honde hom aanval─── BAMBATHA GIKO 08:35 Mon, 09 Jan 2023
Drie honde in Lichtenburg het hul 60-jarige eienaar Saterdag 7 Januarie 2023 doodgebyt.
Die polisie rapporteer die oorledene se vrou het die honde op die genoemde dag tydens beurtkrag aan die ander kant van hul huis hoor blaf. Die honde blaf gereeld vir voetgangers en voertuie wat verbykom. Sy het dus nie die moeite gedoen om te gaan kyk wat fout is nie aangesien hul huis in 'n besige straat is.
Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê nadat die elektrisiteitstoevoer herstel is, het die vrou haar man se lewelose liggaam in hul tuin gevind. Daar word beweer die honde was twee staffie/pitbull-kruisings en een onbekende honderas.
Tselanyane voeg verder by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ontbied en die drie honde is van die perseel verwyder. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en duur steeds voort.
