Central SA
Rouklaers kom aan vir Adriaan Vlok se troosdiens─── BAMBATHA GIKO 12:19 Wed, 11 Jan 2023

Die gedenkdiens vir oudminister Adriaan Vlok word Maandag 16 Januarie 2023 in die Doxa Deo-kerk in Pretoria gehou.
Volgens die familiewoordvoerder, Peet Bothma, is daar wye belangstelling in die diens. Hy sê mense wat dit wil bywoon, kan aanlyn registreer: https://doxadeobb.churchsuite.com/events/r23ukcsp
Die troosdiens sal ook regstreekse uitgesaai word by YouTube: https://youtu.be/Dv-7DcS_ky8
Vlok is vroeg Sondagoggend (8 Januarie 2023) in die ouderdom van 85 in Centurion oorlede. Hy was in Julie 1991 die voormalige minister van Korrektiewe Dienste en word veral onthou as die Minister van Wet en Orde vanaf 1986 in die kabinet van wyle oudpresident P.W. Botha.
LEES OOK: Oudminister Adriaan Vlok in Centurion oorlede
Die veteraan- politieke ontleder, Harald Pakendorf, het in reaksie op Vlok se dood aan OFM-nuus gesê Vlok het hom onderskei as ’n goeie administratiewe minister. “Hy was baie getrou aan apartheid en in die uitvoering daarvan. Maar toe dit hom tref watter onreg dié beleid was, “het hy die Christelike ding gedoen en gesê: ‘Ek is jammer.’”
OFM-nuus/Bambatha Giko