On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Valke verwelkom vonnis vir dwelmsmous

───   06:06 Thu, 12 Jan 2023

Valke verwelkom vonnis vir dwelmsmous | News Article

Die Valke in die Noord-Kaap het die vonnis van die 34-jarige Anwhil Linken van Schalkwyk verwelkom.

Van Schalkwyk is reeds 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir die handel in dwelms. Valke-woordvoerder Tebogo Thebe sê Van Schalkwyk is in Februarie 2022 in hegtenis geneem. Hy is vandeesweek deur die Upington-landdroshof 'n verdere vonnis van vyf jaar gevangenisstraf opgelê vir die handel in dwelms. 

Hy dien reeds twee ses-jaar vonnisse samelopend uit vir dieselfde oortreding. Hy het skuld beken op die laaste aanklag. 

Die hof het hom verder onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.  



OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.