Central SA
Vyf verdagtes verskyn in hof vir kabeldiefstal─── BAMBATHA GIKO 08:25 Thu, 12 Jan 2023
Vyf mans wat aangekla word van die diefstal van koperkabels ter waarde van R5 miljoen, verskyn Donderdag, 19 Januarie 2023 in die Christiana-landdroshof in Noordwes.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, is die mans op Sondag, 8 Januarie 2023 aangekeer nadat die polisie inligting van Transnet-sekuriteitsbeamptes ontvang het oor 'n verdagte voertuig op die N12 wat onderweg na Christiana was.

Die beskuldigdes is onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, nadat die polisie hul voertuig deursoek en koperkabels, koper en ander gesteelde goedere gevind het.
Vier van die beskuldigdes is vermoedelik Lesotho-burgers sonder behoorlike dokumentasie en staar 'n bykomende aanklag vir die oortreding van die Immigrasiewet in die gesig.

Die mans het Dinsdag 10 Januarie in die hof verskyn en bly in aanhouding vir hul volgende hofverskyning terwyl die ondersoek voortduur.
OFM-nuus
