On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Groep van tien dreig met regstappe teen beurtkrag

───   09:45 Tue, 17 Jan 2023

Groep van tien dreig met regstappe teen beurtkrag | News Article
FOTO: Unsplash/Prateek Gautam

’n Groep van tien individue, politieke partye en ’n vakbond dreig met regstappe teen beurtkrag.

Die saak sal die eerste in sy soort in Suid-Afrika wees.

Hulle eis dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en André de Ruyter, uittredende uitvoerende hoof van Eskom, beurtkrag skrap en Suid-Afrika van betroubare elektrisiteitsvoorsiening voorsien.

Die groep sluit in UDM-leier Bantu Holomisa, Build One SA stigter Mmusi Maimane, die Inkatha Vryheidsparty (IVP), asook die metaalwerkersvakbond Numsa.

Die groep sê fase 6-beurtkrag het hospitale, skole, ondernemings en huishoudings vir 8 tot 12 uur per dag sonder 'n stabiele elektrisiteitstoevoer gelaat.

Maimane sê die saak sal hopelik die werklike redes vir beurtkrag openbaar.

“Dit is ekonomiese sabotasie en tragies genoeg, word niemand aanspreeklik gehou vir die mislukkings van hierdie regering om energie te verskaf nie. Dit is nou duidelik dat ons eintlik nie eens 'n omgewing kan verstaan waarin te veel arm mense duur vir dinge betaal nie, noudat Eskom 'n 18%-verhoging in die koste van energie toegestaan is.

"Hoe is dit geregverdig? Wat is die rasionaliteit daaragter en wie is verantwoordelik vir die hoë koste van energie wat die regering nie kan verskaf nie. So, ons eis die redes vir die verhoging, ons eis aanspreeklikheid, en uiteindelik glo ons nie dat dit geregverdig en rasioneel is dat burgers betaal vir 'n diens wat hulle nie kry nie."

Intussen sê UDM se Bantu Holomisa in plaas van bespiegelings, is dit die beste om hof toe te gaan.

“Ons wil weet waarom ons in die donker sit, ons nie die waarheid vertel word nie. Ons sien tog dat daar eerder teenstrydighede is, so eerder as om te wag en aan te hou bespiegel, gaan ons eerder hof toe en laat die hof almal dagvaar."

Jacaranda-nuus





@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.