On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse onderwys verwelkom personeel, leerders

───   07:54 Wed, 18 Jan 2023

Noord-Kaapse onderwys verwelkom personeel, leerders | News Article
FOTO: GCIS

Die hoof van die Noord-Kaapse Onderwysdepartement, Moira Marais, het streeksdirekteure regoor die provinsie, asook onderwyspersoneel en leerders vir die 2023 akademiese jaar verwelkom.

Noord-Kaapse skole het reeds vroeg vanoggend in die provinsie geopen, met nóg skole wat môre 07:30 hul akademiese jaar begin.

Die departement het aangekondig dat altesame 27 318 plasingsaansoeke verwerk is, waarvan 10 285 graad R- en 13 695 graad 8-leerders is. 

Marais sê hoewel die departement vir die gladde verloop van planne in plek gestel het, is hulle bewus van uitdagings en vra hulle dat veral ouers geduldig moet wees waar probleme ervaar word. 

Marais sê die departement werk nou saam met skole om enige uitdagings die hoof te bied. Die hoof van die departement sê verder dat geen kind die reg ontneem behoort te word om gehalte-onderrig te ontvang nie en vra dat die gemeenskap moet saamstaan om te verseker dat kinders by skole ingeskryf word en dit ten alle tye bywoon. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.