On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Gift of the Givers besoek Noord-Kaap te midde van hittegolf

───   11:06 Sun, 22 Jan 2023

Gift of the Givers besoek Noord-Kaap te midde van hittegolf | News Article

Die koördineerder van die nie-regeringsorganisasie (NRO), Gift of the Givers, Emily Thomas, skets 'n donker prentjie van die Kai Garib munisipale jurisdiksie in die Noord-Kaap.

Inwoners ondervind ernstige probleme met die beskikbaarheid van water te midde van die snikhete temperature.

Thomas voeg by die organisasie het minstens twee maande gelede bewus geword van inwoners se probleem, wat deur Eskom en voortdurende beurtkrag vererger word en munisipaliteite se watervoorsieningsvermoë lamlê.

Thomas sê die organisasie beoog om boorgate in die gebied te sink sodat die waterprobleem op die lang termyn iets van die verlede kan wees.

Die woordvoerder van die Kai Garib munisipale jurisdiksie, Mary Ann Pienaar, het intussen die gebaar verwelkom en gesê besoeke aan die Kakamas Hoërskool en Laerskool Oranje-Suid, asook die Maraba-woongebied waar watertenks aan die gemeenskap oorhandig is, sal verseker dat leerders en inwoners die nodige toegang tot water het.

Die munisipaliteit is in gesprek met Eskom en sal binnekort 'n plan ter tafel lê na aanleiding van 'n versoek aan die kragvoorsiener vir vrystelling van beurtkrag.

Pienaar meen dit is ’n stap in die regte rigting omdat dit die Kai Garib munisipale jurisdiksie in staat stel om voldoende water aan inwoners te verskaf omdat watersuiweringsaanlegte nou tot volle kapasiteit kan pomp en reservoirs hul kapasiteit sal bereik.

Pienaar het inwoners gevra om water spaarsamig te gebruik en om die veiligheid van bejaarde inwoners en kinders te verseker.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.