On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Herstelwerk aan Stilfontein-sinkgat begin ná sewe jaar

───   08:48 Tue, 24 Jan 2023

Herstelwerk aan Stilfontein-sinkgat begin ná sewe jaar | News Article
Die sinkgat wat in 2015 langs die N12-hoofweg naby Stilfontein ontstaan het. FOTO: TimesLive

’n Sinkgat wat in Desember 2015 langs die N12-hoofweg naby Stilfontein ontstaan het, gaan eersdaags herstel word nadat ‘n kontrakteur vir die projek aangestel is.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) sê in ’n verklaring dat die herstelwerk volg ná “jare lange se volharding om die kwessie op alle regeringsvlakke op die agenda te hou”.

Die sinkgat het in Desember 2015 reg langs die hoofweg ontstaan. Verkeer is ernstig ontwrig en moes vir ’n lang tydperk herlei word totdat die gebied gestabiliseer het.

Die pad is toe gedeeltelik vir verkeer oopgestel, maar geen verdere herstelwerk is tot op hede gedoen nie.

“Die VF Plus het deurentyd volgehou om druk op die nasionale Departement van Vervoer, Noordwes se  provinsiale regering en die Matlosana-plaaslike munisipaliteit toe te pas om die pad te laat herstel en die omliggende gebiede te beveilig,” lui die verklaring.

Die VF Plus sê die kontraktuele prosedures is afgehandel en Ultimate Dynamic Stilfontein is as die kontrakteur aangewys.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.