Central SA
Betogers in Noord-Kaap in hegtenis geneem─── 15:18 Wed, 25 Jan 2023
Vyf betogers is in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag die N12 tussen Warrenton en Kimberley in die Noord-Kaap versper het. Die verdagtes, waarvan een 'n vrou is, staan tereg op aanklagte van openbare geweld.
Die polisie sê meer as 200 betogers het betoog ná die Magareng-munisipaliteit se besluit om die elektrisiteit te ontkoppel van inwoners wie se rekeninge agterstallig is.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê “betogers het die N12 en ander paaie in Warrenvale by Warrenton met klippe en brandende bande afgesper. Betogers het in groepe van ongeveer 200 gevorm, maar is met die gebruik van rubberkoeëls en skokgranate uiteengejaag. Vyf mans en een vrou is vir openbare geweld in hegtenis geneem. Die polisie hou steeds die situasie dop.”
