On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

‘Cry me a cockroach’ op Valentynsdag

───   12:25 Mon, 30 Jan 2023

‘Cry me a cockroach’ op Valentynsdag | News Article

Die San Antonio-dieretuin het 'n Valentynsdag-aanbod, spesiaal vir ekse wat nie die boodskap kry nie.

Vir $10 sal die dieretuin 'n kakkerlak na jou minder-geliefde vernoem en dit vir 'n dier voer - 'n koue, maar direkte boodskap dat jy nie meer belangstel nie.

Die jaarlikse "Cry Me a Cockroach"-fondsinsameling ondersteun "die dieretuin se visie om wild 'n oorlewingskans in Texas en regoor die wêreld te gee".

Diegene wat nie van goggas hou nie, kan vir $5 groente, soos 'n koolkop, of selfs 'n lastige knaagdier vernoem, wat ook aan die diere gevoer sal word.

Alle skenkers sal 'n digitale Valentynsdagboodskap ontvang as waardering vir hul ondersteuning van die dieretuin. Daar is ook die opsie om hierdie digitale boodskap vir hulle eks aan te stuur en hulle só in te lig dat 'n dier smul aan die kakkerlak, knaagdier of groente wat na hulle vernoem is.

Volgens CNN kan diegene met 'n besonder koppige eks teen $150 ekstra 'n persoonlike video aan die laspos of minder-geliefde stuur, wat wys hoe hulle verslind word.

Die jaarlikse geleentheid is glo 'n treffer, het Cyle Perez, die dieretuin se direkteur van openbare betrekkinge, gesê. Verlede jaar het hulle meer as 8 000 skenkings van al 50 state in die VSA en meer as 30 lande ontvang.

“Ons is op koers om verlede jaar se rekord te verbeter, met ‘Zach’, ‘Ray’ en ‘Adam’ wat tot dusver die grootste sondebokke is,” het Perez gesê. Om deel te neem, moet jy jou eks-naam aanlyn voor Valentynsdag indien.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.