On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Beurtkrag bemoeilik lykshuise se werk

───   15:18 Sun, 29 Jan 2023

Beurtkrag bemoeilik lykshuise se werk | News Article
FOTO: Unsplash/Prateek Gautam

Die Suid-Afrikaanse Begrafnispraktisynsvereniging het ‘n beroep op die publiek gedoen om hul geliefdes binne vier dae van afstwerw te begrawe.

Die vereniging sê beurtkrag bemoeilik die berging van liggame by lykshuise, veral waar geen kragopwekkers beskikbaar is nie.

Die vereniging sê weens die voortslepende kragonderbrekings en die hitte wat tans ervaar word, ontbind liggame vininiger wat tot ‘n gesondheidsrisiko kan lei.

Die vereniging sê verder dat ondernemings ondanks die aanskaf van kragopwekkers sukkel, veral met die uitgawes verbonde aan brandstof en geen waarborg dat beurtkrag op ‘n vasgestelde fase gaan bly nie.

Die Upington-gebaseerde Rekatusha-begrafnisondernemers se takbestuurder, Amanda Mcuur, sê hoewel hulle kragopwekkers aangeskaf het, gaan hulle gebuk onder geweldige finansiële uitgawes weens die voortslepende beurtkrag.

Die vereniging het intussen ‘n beroep op die regering en Eskom gedoen om daadwerklike pogings aan te wend om die krisis op te los waarin Suid-Afrikaanse sakelui hulleself weens die probleme by Eskom ondervind.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.