On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Groep transitorowers slaan toe op geldwa in Noordwes

───   05:38 Tue, 31 Jan 2023

Groep transitorowers slaan toe op geldwa in Noordwes | News Article
Die toneel waar transitorowers op 'n geldwa in Noordwes toegeslaan het. FOTO: Twitter/@AthlendaM

Die polisie in Noordwes is op soek na 'n groep van minstens 10 transitorowers nadat twee veiligheidswagte Maandag tydens ‘n skietery beseer is. ‘n Derde wag is ongedeerd.

Netwerk24 berig dat die rowers Maandagoggend op die geldwa op die R556-pad in Maditlhokwa naby Marikana toegeslaan het.

Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die rowers het ‘n wit Mercedes-Benz en ‘n wit Lexus op die toneel agtergelaat en in ‘n rooi Volkswagen Polo gevlug.

Die pad was daarna vir ‘n geruime tyd vir verkeer gesluit terwyl die polisie die toneel ondersoek het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.