On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

"Ons ly weens ‘n interne stryery" - Schweizer-inwoners

───   06:44 Sat, 04 Feb 2023

"Ons ly weens ‘n interne stryery" - Schweizer-inwoners | News Article

Inwoners van die Noordwes se Schweizer-Reneke-gebaseerde Mamusa Plaaslike Munisipaliteit meen hulle ly weens partypolitiek in die raad.

Die ANC sal verhore hou om vyf raadslede te dissiplineer nadat hulle na bewering die party in oneer gebring het.

Ná die plaaslike regeringsverkiesings in 2021, het die raadslede glo met die opposisie saamgestem om ’n raadslid van die Ekonomiese Vryheidsvegters as speaker van die raad te verkies.

Inwoners het aan die SAUK vertel dat hulle nou gebrekkige dienslewering ervaar weens die interne stryery. 

"As die munisipaliteit aandag aan ons gegee het, sou dinge nie so gewees het nie. Hulle gee egter nie om vir ons nie en is moeilik om te vind," volgens 'n plaaslike inwoner.

 'n Ander inwoner voeg by: "Dit is ons tweede jaar wat ons na die raad uitreik, maar geen bystand ontvang nie.

Willie Diremelo, provinsiale sekretaris van die ANC, sê stappe is gedoen om diegene te dissiplineer wat teen partyreëls gegaan het.

SAUK

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.