On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte in 5-jarige se moord bly in aanhouding

───   07:56 Thu, 09 Feb 2023

Verdagte in 5-jarige se moord bly in aanhouding | News Article
Die vermoorde Sharné Basson (links) en die verdagte, Jan Heyns (regs). FOTO'S: Verskaf

Die 37-jarige Jan Heyns van Alheit naby Kakamas, wat in hegtenis geneem is kort nadat die polisie op die liggaam van die vermiste 5-jarige Sharné Basson afgekom het, het Woensdag 8 Februarie 2023 in die landdroshof in Kakamas verskyn.

Die saak is na die Hooggeregshof in Upington oorgeplaas en uitgestel tot 24 Februarie 2023.

Kapt. Nelis Prins van die polisie in Kakamas sê die verdagte bly in aanhouding en die ondersoek na die moord op die 5-jarige duur voort.

Sharné het op 4 November 2022 vermis geraak kort nadat sy en maatjies by ‘n winkel in Alheit gesien is. ‘n Grootskaalse soektog is die volgende dag van stapel gestuur.

Prins sê die beskerming van kinders bly ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid wat deur die polisie aangemoedig word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.