On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Meer honde, spanne van Suid-Afrika op pad na Turkye, Sirië

───   10:00 Thu, 09 Feb 2023

Meer honde, spanne van Suid-Afrika op pad na Turkye, Sirië | News Article
PHOTO: Twitter

Die SA Polisiediens se K-9-eenheid vlieg vyf hondehanteerders en hul diere na die aardbewing-geteisterde lande Turkye en Sirië.

Hulle sal aansluit by sowat 20 Suid-Afrikaanse soek-en-reddingspanne wat in Turkye geland het om die massiewe noodlenigingsoperasie by te staan.

Meer as 15 000 mense is dood en duisende meer beseer – terwyl pogings in ysige toestande voortduur om diegene wat steeds onder puin vasgekeer is te red.

Dr Imtiaz Sooliman, wat by die humanitêre noodlenigingsgroep Gift of the Givers is, sê hulle het 'n ooreenkoms met die polisie aangegaan om vyf honde te stuur om met soek-en-reddingspogings te help.

“Honde maak ’n groot impak op die soektog en hulle is doeltreffend mense onder rommel te help vind.
“Dit is die volgende fase en daarna, afhangend van wat gebeur, sal ons dan die mediese span instuur.” Nog spanne en mediese spesialiste het Suid-Afrika Woensdagaand verlaat. 



Die Turkse regering het amptelik bystand van die humanitêre stigting versoek ná 'n aardbewing Maandag wat 7,8 op die Richterskaal aangeteken het.

Sooliman sê die spanne sal probeer om hul weg na Adana, wat die swaarste deur die aardbewing getref is, te baan om mediese geriewe op te rig.

“Wat mediese ondersteuning betref, was daar ’n groot uitdaging, al die hospitale is beskadig of vernietig en hulle kan nie oral mediese spanne hê nie.

“Ons sal geriewe in Adana soek en as hulle instem om vir ons te huisves, sal ons 'n mediese span stuur om die geriewe oor te neem. Andersins kyk ons na die opsie om ons eie gesondheidsgeriewe op te rig, op voorwaarde dat ons beseerdes daarheen neem."

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.