On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Rowers ná kitsbank-ontploffing gesoek - FOTO'S

───   BAMBATHA GIKO 11:47 Fri, 10 Feb 2023

Rowers ná kitsbank-ontploffing gesoek - FOTO'S | News Article

'n Onbekende bedrag geld is gesteel ná 'n ontploffing by 'n kitsbank op die Dewetsdorp-pad in Bloemfontein.

Die polisie het Vrydagoggend 10 Februarie 2023 'n klag van 'n gemeenskapsdienssentrum ontvang oor die voorval by die Hi-Way Supply-kompleks.

Geweerskote is gehoor, gevolg deur die geluid van 'n ontploffing.

Die polisiewoordvoerder Thabo Covane sê hulle het 'n soektog na die verdagtes van stapel gestuur.  'n Saak van opsetlike saakbeskadiging en onwettige besitvan plofstof is geopen.

Die polisie doen 'n beroep op die publiek om te help met die opsporing van dié rowers. Enigiemand met inligting kan kaptein Lekhaoli Thito kontak by 082-5262-691.

Mense kan ook die polisie kontak op die Crime Stop-nommer (08600-10111) of die MySAPS App gebruik.

Die Vrystaatse polisie waarsku winkeleienaars en die publiek om op die uitkyk te wees vir bevlekte geld.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.