On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende moordenaar doen aansoek om borgtog ná sewe jaar op vrye voet

───   15:29 Mon, 13 Feb 2023

Vermeende moordenaar doen aansoek om borgtog ná sewe jaar op vrye voet | News Article

Vermeende moordenaar, Jan de Klerk van Wyk, sal na verwagting Dinsdag 14 Februarie 2023 in die Vosloorus-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Die beskuldigde het verlede Donderdag sy eerste verskyning in die Boksburg-landdroshof gemaak. Hy word van die moord op Izak van Zweel aangekla.

Op 29 September 2016 is Van Wyk skuldig bevind aan die moord op Van Zweel, met voorbedagte rade, en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Van Wyk het egter suksesvol geappelleer weens ’n tegniese punt dat die landdros versuim het om hom in te lig van sy reg om te versoek dat assessore tydens die verhoor aangestel word. 

Sy skuldigbevinding en vonnis is tersyde gestel, en die hof het beveel dat die saak van voor af aangehoor word – dít het nooit gebeur nie.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het verlede Dinsdag ’n brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gestuur waarin hulle gevra het hoekom die saak nie weer ingeskryf is nie. 

Binne drie dae is dit bevestig dat die getuies steeds beskikbaar is, ’n nuwe lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik, en Van Wyk is voor die hof gebring.

Die eenheid verteenwoordig Van Zweel se suster, Lizette Brooks.

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.