On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisie soek verdagtes ná noodlottige aanranding

───   05:32 Thu, 16 Feb 2023

Polisie soek verdagtes ná noodlottige aanranding | News Article

Die polisie in Kimberley vra die hulp van die publiek om drie moordverdagtes, wat ‘n man in Julie 2022 in Galeshewe noodlottig aangerand het, op te spoor.

Die drie mans het glo met ‘n wit bakkie gery. Die woordvoerder van die Galeshewe, Timothy Sam, sê die 44-jarige slagoffer is in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal oorlede.

Hy sê die motief vir die aanranding, wat tot die dood van die man gelei het, is onbekend.

“Enige inligting wat sal help om die verdagtes aan te keer sal waardeer word en as vertroulik behandel word.”

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.