Central SA
Een beseer in N1-ontploffing by Johannesburg - VIDEO─── 15:04 Fri, 17 Feb 2023
Een persoon is beseer nadat 'n kleiner tenkwa, wat deur 'n voertuig getrek is, 'n rukkie gelede op die N1-hoofweg naby Malibongwe-rylaan, noord van Johannesburg, ontplof het.
Johannesburgse EMS-woordvoerder, Xolile Khumalo, sê die pasiënt is na 'n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere sorg.
Paramedici en nooddienste is steeds op die toneel.
????????????????EXPLOSION/ PrelimInfo Mini Trailer Tanker @itrafficgp:
— GTP Gauteng Traffic Police (@GTP_Traffstats) February 17, 2023
322574: (Update) N1 North after Malibongwe Drive, All lanes closed(traffic diverted at Malibongwe Dr Off-ramp)@_ArriveAlive @EWNTraffic @TrafficRTMC @SABCNews @Newzroom405 @IOL
Images in circulation pic.twitter.com/U2TniaaXru
JMPD-woordvoerder, Xolani Fihla, het motoriste aangeraai om versigtig te wees.
“Daar is 'n tenkwa-ontploffing op die N1 noord, tussen Malibongwe en William Nicol. Al die bane op die N1-noord is vir verkeer versper. Motoriste is aangeraai om uiters versigtig te wees en groot vertragings te verwag. Motoriste op die N1-noord word by Malibongwe herlei. Nooddienste is op pad. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie vasgestel nie.”
On arrival on scene, the tanker carrying an unconfirmed substance had exploded and was engulfed in flames.
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) February 17, 2023
One person was treated for moderate injuries and taken by Emer-G-Med ambulance to a nearby hospital for further care. https://t.co/SrHg1LJ89g @EMER_G_MED #TankerExplosion https://t.co/EkJ2nnC8XC
