On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gewese Vrystaatse dominee steeds in hospitaal ná tref-en-trap

───   MORNÉ VAN ROOYEN 06:38 Sat, 18 Feb 2023

Gewese Vrystaatse dominee steeds in hospitaal ná tref-en-trap | News Article
Dr. Jannie Theron van die NG Gemeente Aan-die-Berg in Northcliff, Johannesbrug.

’n Gebore Vrystaatse dominee, wat jare lank predikant op Luckhoff was, word steeds in ’n Johannesburgse hospitaal behandel nadat hy ernstig beseer is in ’n tref-en-trap-ongeluk.

Dr. Jannie Theron van die NG Gemeente Aan-die-Berg in Northcliff, Johannesbrug, het Maandagoggend oor ’n besige kruising gedraf toe ’n motoris glo ’n rooi verkeerslig verontagsaam het.

Kerkbode berig op die kring-TV-opname kan gesien word hoe die bestuurder van ’n blou Sport EcoSport Theron hard tref waar hy aan die draf is.

Die 61-jarige kranige drawwer is eers na die Helen Joseph-hospitaal geneem en toe na die Milpark-hospitaal oorgeplaas. Sy toestand het die afgelope week effens verbeter, maar hy is steeds in ’n kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid. ’n Breinoperasie is uitgevoer om die drukking te verminder.

Woordvoerder Thea Kilian het aan OFM-nuus gesê sy familie en die gemeente het groot waardering vir almal se gebede en ondersteuning.

Theron, ‘n oudleerder van Grey Kollege wat teologie aan Kovsies studeer het, was predikant van die NG Gemeente Luckhof van 1989 tot 2008, toe hy en sy gesin Gauteng toe verhuis het. Hy was vanaf 2008 predikant van die NG Gemeente Linden. Nadat Linden met Aasvoëlkop saamgesmelt het, het hy medeleraar van die nuwe gemeente Aan-die-Berg in Northcliff geword.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.