Central SA
De Aar-polisielid vir dronkbestuur agter tralies─── 05:37 Mon, 20 Feb 2023
'n Lid van die polisie op De Aar word vir beweerde dronkbestuur ondersoek nadat hy glo met 'n polisievoertuig in 'n botsing met 'n ander motor betrokke was.
‘n Video van die beweerde voorval is op sosiale media-platforms versprei.
Die woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, Sergio Kock, sê die polisiebeampte is in hegtenis geneem.
Kock sê die polisie is bewus van die video wat op sosiale media versprei word en het inwoners versoek om die rondstuur daarvan te staak.
Hy sê ‘n interne ondersoek na die voorval, asook die bewering dat die amptenaar onder die invloed van drank ‘n polisievoertuig bestuur het, word reeds gedoen.
OFM-nuus/Roderick Titus
