On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

AU maak vordering om konflik te beëindig – Ramaphosa

───   13:35 Mon, 20 Feb 2023

AU maak vordering om konflik te beëindig – Ramaphosa | News Article
PHOTO: GCIS

President Cyril Ramaphosa sê die Afrika-unie (AU) maak groot vordering met sy doelwit om wapenkonflik in Afrika teen 2030 te beëindig.

Dit is volgens eNCA die AU se sperdatum om konflik op die vasteland te beëindig.

Ramaphosa het die naweek ná die 36ste Gewone Sitting van die AU-vergadering deur Staats- en Regeringshoofde gepraat. Dit is in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, gehou. 

Ramaphosa het gesê die AU bring vrede in Ethiopië en die oostelike DRK. "Ons kon verslag doen oor die verskillende konflikte wat op die vasteland plaasvind. Ons het natuurlik met groot sukses begin, met betrekking tot Ethiopië, waar daar 'n skikking in Suid-Afrika gefasiliteer is," het Ramaphosa gesê. 

"Ons kon die regering van Ethiopië en die Tigray Liberation Front sovêr kry om oor 'n staking van vyandelikhede ooreen te stem en om aan vrede te begin werk."



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.