On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Aankondiging oor krag tydens begrotingsrede verwag

───   16:09 Tue, 21 Feb 2023

Aankondiging oor krag tydens begrotingsrede verwag | News Article

Die werk van Suid-Afrika se Nasionale Energiekrisiskomitee (Neccom) behoort binnekort tot uitvoering te kom. Dit is volgens die Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele.

Hy het vir Neccom opgekom, en kritiek dat die noodtoestand 'n laaste uitweg was weens ’n gebrek aan optrede, as onsin afgemaak.

Gungubele sê die komitee het belangrike ingrypings geïdentifiseer met talle inhegtenisnames wat by stasies landwyd gedoen is.

“Die nuwe direksie moes diep delf en met al hul vaardighede ons oë vir die verskillende opsies van ingryping open,” het Gungubele gesê.

"Soos u weet, kon hulle die sistemiese strukture identifiseer en as 'n oplossing, het hulle ses kragstasies opsy gesit vir ingryping," het hy bygevoeg.

Gungubele het gesê die Minister van Finansies sal Woensdag Eskom se vermoë om noodkrag te verskaf, bekend maak. Volgens Gungubele het die Minister van Energie dit reeds goedgekeur.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.