On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Begroting sal fokus op Eskom en energie – kenner

───   DANE BEISHEIM 11:29 Wed, 22 Feb 2023

Begroting sal fokus op Eskom en energie – kenner | News Article

'n Dosent en ekonomiese ontleder van die NWU sien uit daarna om te hoor hoe die Minister van Finansies, Enoch Godongwane, tydens sy Begrotingsrede vanmiddag geld gaan toeken aan die planne wat President Cyril Ramaphosa in sy Staatsrede genoem het.

"Die staat gaan 'n gedeelte van Eskom se skuld oorneem. Presies hoeveel en hoe hulle dit gaan doen, sal vanmiddag bespreek word. Daarmee saam verwag ons ondersteuning vir huishoudings en ondernemings wat self elektrisiteit met sonkrag opwek," het Waldo Krugel van die Noordwes-universiteit gesê.

Misdaadbekamping was ook een van die fokuspunte van die staatsrede. Dit sal volgens Krugel interessant wees om te sien of die minister ekstra hulpbronne vir die polisie en regsdienste beskikbaar gaan stel.

"Die Covid-toelae van R350 is ook een van daardie beleidstappe wat 'n belangrike bydrae lewer om kwesbare huishoudings te ondersteun. In die amptelike begroting is dit net tot volgende jaar beskikbaar, so die minister behoort nou meer duidelikheid te gee oor watter vorm dit gaan aanneem in die jare wat voorlê" voeg hy by.

"Dan is daar 'n paar ander vraagstukke, soos hoeveel hy beplan om te begroot vir die staatsdiens se salarisverhogings en hoe die groeivooruitskattings lyk wat vir die jaar wat voorlê," het Krugel afgesluit.

OFM-nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.