On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Kassiere moet grafsteengeld terugbetaal

───   05:51 Wed, 01 Mar 2023

Kassiere moet grafsteengeld terugbetaal | News Article

'n Voormalige kassiere by Waterfall Tombstone in Rustenburg moet R170 000 wat sy by die maatskappy verduister het, in maandelikse paaiemente van R10 000 terugbetaal.

Die Rustenburgse streekhof het die 47-jarige Mpho Moyo twee jaar tronkstraf opgelê, wat vir twee jaar opgeskort is, sê ‘n woordvoerder van die polisie, Sam Tselanyane.

Die vonnis spruit voort uit 'n saak waarin Moyo die maatskappy bedrieg en besteel het. Moyo, wat skuldig gepleit het, was in diens as 'n kassier en was onder meer verantwoordelik vir die ontvangs van klante se betalings vir grafstene.

Volgens getuienis wat in die hof voorgelê is, het sy fakture vervals en só die maatskappy ‘n verlies van R170 000 laat ly.

Die saak is in September 2016 by die polisie aangemeld. Die provinsiale handelsmisdaadeenheid het die ondersoek behartig wat tot haar skuldigbevinding gelei het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.