On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Upington-polisie lê beslag op onwettige sigarette

───   06:21 Mon, 06 Mar 2023

Upington-polisie lê beslag op onwettige sigarette | News Article
Altesame 28 bokse met onwettige sigarette is ontdek. FOTO: Twitter/@SAPoliceService

Lede van Upington se grenspolisie het op onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R308 000 beslag gelê.

Die polisielede het Saterdag 4 Maart inligting ontvang oor ‘n bussie wat na bewering onwettige sigarette vervoer en daarmee handel dryf, sê polisiewoordvoerder Omphile Masegela.

Die voertuig is in die dorp voorgekeer en by nadere ondersoek is 28 kartonhouers met sigarette ontdek, wat tussen ander vragitems versteek was.

’n 44-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die handel in onwettige sigarette en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.